Sedert 2009 was die maand Augustus vol hartseer, angs en woede vir ons familie en soos dit weer nader gekom het hierdie jaar het ek gewonder of 2012 se Augustus ‘n tikkie sonskyn sal he.  Dit was ‘n Woensdag oggend op 20 Augustus om 6:25 wat Herman ons verlaat het.  Die hartseer van daai dag het ‘n permanente letsel ons my harte gelos. Verlede jaar is my pa op die 2de Augustus oorlede.  Vir hom was dit ‘n verlossing van jare se depressie en drank misbruik en vir ons was dit ‘n verlossing van jare se worry oor hom en wat van hom sou word.  Dit was ook in dieselfde tyd wat my skoonma se siekte na vore getree het.  In Augustus was sy gediagnoseer met kolon kanker en ‘n gewas is uit brein verwyder.  Dinge het nie goed gelyk nie, maar vandag kan ons se sy het die jaar lange stryd oorwin.

Toe breek Augustus 2012 aan en daar was hierdie onderliggende angs in my gemoed.  Wat gaan die jaar gebeur?  Teen die middel van die maand het ek gedink, so far so good!  Toe breek 20 Augustus aan.  Henre is in Jhb die week en ek is in Yzerfontein met die 2 gremlins. Van vroeg af brand ek kerse en wierook.

My oupa het in 2010 weer getrou op die ryp ouderdom van 85 na my ouma in 2006 oorlede is.  Hy en tannie Poppie ken mekaar goed, want sy is sy oorlede broer se weduwee.  Hulle is goed vir mekaar en hou mekaar geselskap op hulle oudag.  So 2 weke terug is sy opgeneem in die hospitaal agv komplikasies met behandeling wat sy kry.  Gister oggend, 5:30, kry ek ‘n sms van my ma dat die Drs het my oupa laat weet dat as daar familie is wat haar nog wil sien moet hulle kom.  Tannie Poppie baklei nog en ek hoop sy druk deur vir my oupa se onthalwe.  Ek dink nie hy sal ‘n 2de vrou in die graf kan sit nie.

Laat gister middag kry ek ‘n oproep van my vriendin, Christi, af.  Dit gaan mal in my huis soos gewoonlik.  Die TV is kliphard aan, kinders gil en speel.  Ek hang by die voordeur uit om te probeer hoor wat sy se.  Kan ek praat; sy het slegte nuus (sy huil); Isabel; cot death; Genevieve werk; Mia creche is al wat ek kon uitmaak tussen die geraas, Christi se trane en die skok waarin ek myself bevind het.  Nee.

In skok bel ek vir Henre en gee vir hom die nuus.  Trane stroom by my wange af en Liam kom sit op my skoot en vra waar is my baba.  Ek se vir hom my baba is fine, maar die engeltjies het mamma se maatjie se baba kom haal.

Dis nou al meer as ‘n dag later en ek kan myself net nie indink die hartseer wat Gen en Marc moet voel nie.  Geen ouer moet ‘n kind in die graf sit nie, maak nie saak hoe oud of jonk hulle is nie.  Ek kyk na my 2 seuns en is oorweldig met die liefde wat ek vir hulle het.  Ek sit myself in Marc en Gen skoene en dink hoe my lewe in duie sal stort as so iets met ons gesin  moet gebeur. My hart is stukkend vir julle. Ek bid dat julle vrede sal vind met tyd.

Daar is soveel mense daar buite wat hulle kinders mishandel, weggee en weggooi en dan gebeur hierdie tragedie met ‘n gesin wat so vol liefde is.  Dis so onregverdig.  Party dae kyk ek na my kinders en ek weet hoe blessed ons is om weer swanger te wees met ‘n 3de gesonde seuntjie en dis asof ek wag vir die bubble om te bars.  Ek wonder as ander mense soveel hartseer het, wanneer gaan dit my beurt wees?  Ek weet mens moenie so dink nie, maar ek is net mens en met al die hartseer wat om ons aangaan, hoe anders?  Ek is so dankbaar vir my kinders en my man en as so iets gebeur voel dit asof die lewe jou net weer een harde klap gee om wakker te skrik en te waardeer wat jy het.

Gen, Marc en Mia, Isabel was vir 4 maande aan julle geleen, maar nou moet sy haar plek as ‘n engeltjie in die hemel volstaan. Weet dat haar liefde altyd by julle sal wees.

Julle is in ons gebede.

Love and Light.

 

 

About myseuns

Mother of 2 boys, Liam (2) and Heath (7 months). Wife, daughter, sister, sister-in-law, daughter-in-law, passionate cook, home exec and dabbling in a few projects. Mom to Border Collies, Kibou & Muddy, and SPCA cat, Miyaki. Supporter of www.vredefoundation.co.za and www.bordercollierescue.co.za

Lewer kommentaar