Week 4: Fiks, maar flou.

Ek dink nie ek was al ooit in my lewe so fiks nie. Met fiks bedoel ek nou ek kan al so 7km stap/hardloop.  Was nog nooit mal oor oefening nie, maar ek moet se as ek ‘n dag nou nie kan oefen nie, dan mis ek dit.  Ek het nou al 5kg verloor, maar die afgelope week was maar moeilik.  Ek het nie regtig by my dieet gehou nie, want ek is die heeltyd honger.

Henre is op die oomblik in Jhb en die 3 gremlins het besluit om op te hou slaap!  Ek is gemiddeld so 8 keer op vir een van die kinders tussen 11uur die aand en 6 uur die oggend.  6:30 moet ons opstaan en regmaak vir skool.  Dank vader vir Carien en Sarie anders sou ek nou in ‘n malhuis gesit het.  Hulle se as jy sleg slaap raak jou metabolisme stadiger en jy is die heeltyd honger omdat een of ander hormoon vrygestel word….great! Ek noem dit maar net…

Ek het nog 8 weke en 13kg om te gaan.  Hierdie is die jaar van die mamma make-over.  Het nou al begin om elke moontlike denkbare Drs afspraak te maak, want ek het baie lanklaas na myself gekyk.  Dis altyd die kinders wat eerste kom.  Was nou al by ‘n oog spesialis en het nog 20/20 vision na my laser wat ek 5 jaar terug gehad het.  Met my swangerskappe gebeur daar baie weird goed met my liggaam.  Behalwe vir al die kilos wat ek optel, kry ek ‘n paar rare dinge ook by.  Dis seker nou maar TMI, maar ek is seker daar is vroue met weirder goed.  Toe ek swanger was met Heath, het ek so ‘n klein knoppie in die hoek van my oog gekry en dit het weer weg gegaan na hy gebore is.  Toe ek swanger geraak het met Finn, toe kom die knoppie weer terug, maar net groter.  Probleem is, die fkn ding sit nou nog in my oog en wil nie weg nie!  So nou gaan die oog spesialis die sist (!) volgende maand moet uitsny.  Dis gelukkig nie ‘n groot op nie, so 30 min (ek is wakker wanneer hy dit doen) en ek gaan soos ‘n Pirate lyk na die tyd.  Ek is seker my kids gaan dit geniet!

My 2de afspraak was by ‘n dermatoloog.  Ek het nog nooit regtig probleme met my vel gehad nie en die Dr het vir my gese ek het die vel van iemand in haar mid-20’s!  Dit het natuurlik my dag gemaak.  Ek wens iemand kan ‘n boek skryf oor al die weird en wonderful goed wat met jou liggaam kan gebeur wanneer jy swanger raak.  Ek moes die dermatoloog gaan sien, want ek het seker so 10 moesies bygekry met die laaste 2 swangerskappe.  Ek was bietjie bekommerd, maar nadat ek moes strip tot in my onderklere en hy met sy vergrootglas en flitslig my van kop tot toon ondersoek het, was ek gerus gestel dat daar geen abnormale groeisels is nie.  Dis glo normaal om moesies te groei as jy swanger is, want dis hormoon verwant.  FYI as jy 30-40 moesies op jou liggaam het is dit normaal en as jy 50+ het is jy ‘n kandidaat vir vel kanker.  Laat check jouself maar uit.

Volgende sal ‘n tandarts wees.  Ek was 3 jaar laas by een.  Ek is skyt bang en ek is besig om uit te stel, maar ek weet ek sal binnekort moet gaan.  Ek wag maar tot na my oog op!  Ek sal moet kyk waar ek nog gepanel beat moet word en daarvolgens nog ‘n paar afsprake maak.  Ek gaan beslis die jaar eindig met ‘n boob job.  Na 3 swangerskappe en borsvoeding lyk dinge nie meer soos dit moet nie. Kan nie wag nie!

 

Advertisements

Wulpse Willem

Ek ry nou al vir meer as ‘n jaar heen en weer tussen Yzerfontein en Darling om my kiinders skool toe te neem en te gaan haal.  Met tyd raak jy gewoond aan die landskap, diere en mense wat langs die pad staan.  Dis maar ‘n klein gemeenskap so baie keer gee ons sommer ‘n lift vir die werkers van Yzerfontein af terug Darling toe of andersom.  Mens sien dieselfde gesigte vroeg oggend oppad Yzer toe en laat middag weer terug huis toe. Dis nou, behalwe vir een ou.

Ek het die een man verskeie kere vroeg oggend langs die Darling-Yzer pad sien staan met sy fabulous pienk shopper handsak en wag vir ‘n lift Yzer toe.  As ‘n reel tel ek nie mans op nie, so ek kyk gewoonlik ander pad en ry verby.  Ek gaan haal die kinders 12 uur en verskeie kere het ek hom sien staan vir ‘n lift terug Darling toe daai tyd van die dag.  Ek het so by myself gewonder watter werk die ou doen dat hy dan nou weer helder oor dag oppad terug is Darling toe.  Dit het omtrent so vir ‘n jaar aangegaan.

Net nadat die kinders se skole weer begin het die jaar, ry ek en Henre Darling toe verby die ou.  Ek noem toe ek wonder wat die ou doen, want hy is altyd op sulke weird tye op die pad.  Henre se hy het hom eendag opgetel en sy naam is Willem.  Hy dink hy is skeef, want hy het hom so bietjie op en af gekyk met’n snaakse smile en baie ongemaklik laat voel.  Willem het hom ook gevra of daar nie ‘n paar los werkies is by die huis nie. Henre het hom afgelaai en nooit weer daarna opgetel nie.

So ry ek een middag weer terug van Darling af huis toe met my vriendin se nanny saam met die kids agter in die kombi.  Hier staan ou Willem weer langs die pad.  “Naz, wie is die man?”  Sy se toe dis Willem.  “Wat doen hy, want hy is altyd op die eienaardigste tye op die pad?”  Sy begin lag en se hy is die dorp se manlike prostituut.  Ek het amper die kombi omgegooi soos ek begin lag het.  Henre het min wetend die dorp se prostituut opgetel.  Hy klim glo net by manlike drywers in.  Wonder watse los werkies het hy in gedagte gehad!

Julle ma is vain…alweer. Week 1

Hier sit ek alweer, honger…  November 2011 het ek vir die eerste keer in my lewe ‘n 6 week kontrak met myself gesluit om die baba gewig te verloor wat ek met Liam en Heath opgegaar het en net te lui was om te verloor.  Ek het dit reggekry om oor daai Kersfees seisoen 16 kg te verloor sonder om vreeslik te oefen en het fantasties gevoel.  Vir so ‘n maand… toe is ek weer swanger met Finn!

Ek was nogals fiks teen daardie tyd.  Ek het gereeld gestap in die oggende en het aan ‘n paar 5 en 10km maratonne deelgeneem.  Omdat my vorige 2 swangerskappe so vol drama was en ek in en uit die hospitaal was, was ek bang om enige oefening te doen.  So binne ‘n paar weke was my stap sessies ‘n ding van die verlede.  Ek moet ook se dat ek was moer moeg en het morning sickness gehad deur die dag vir die eerste 14 weke.  Henre was ook in Jhb meeste van die tyd, so ek moes alleen met die 2 gremlins cope.

Ek het met Finn 20kg opgetel.  Ek kan daai gewiggie ook toeskryf aan dat ek hou van kosmaak en eet en dat my buurvrou elke naweek ‘n nuwe koek of pudding gemaak het wat ons moes opeet.  Mens kan nie kos mors nie…  Na Finn se geboorte het ek net so oor 10kg verloor, maar nou sit ek met die res asook ‘n eksta 10kg wat ek wil verloor om weer my ou self te wees.

My vriendin hier in Yzer het my gevra om haar te join op die SupaShape Challenge wat Maandag begin het.  Ek het nooit gedink ek sou goed koop by ‘n winkel met die naam van MuscleJunkies nie…. Anyway, ek het nou ‘n kombuis vol supplements en protein shakes.  Ons het verskillende online trainers, so dis game on om te sien wie lyk die beste na 12 weke.  Ek moes 18 Feb ‘before’ fotos instuur en ek wil flou val elke keer as ek daarna kyk.  Dis geneem 10 weke na Finn se geboorte en ek lyk nog 5 maande swanger.  Net as ek moer hot lyk na 12 weke sal ek dit oorweeg om die before en after fotos te post.

So week 1 is agter die rug en ek het ge-cardio, ge-weight en ge-diet en ek kan met trots se ek is 3kg ligter.  Dis seker op die stadium net water wat ek verloor het, maar dis nogsteeds 3kg!! Hou duim vas dat liewe Finn my bietjie rus gee die week sodat ek bietjie meer kan insit en nog so ‘n kg of 2 verloor.

Jy het ‘n halfuur!

IMG00254-20121127-153Finn     Finn is nou 12 weke oud.  Ek wil myself high-5 dat ek deur die afgelope 12 weke gekom het, want jong, dit was moeilik.  Gelukkig vergeet mens die donker 3 maande na jou baba se geboorte, want anders was ons almal net enkel kinders.

Op  Sondag, 25 November, het my skoonsus en Henre vir my ‘n ooievaars ontbyt gereel by Durbanvill Hills.  Wat snaaks is, is dat ek die week voor dit gelees het  hoe vrouens in kraam gaan op dieselfde dag van hulle baby showers of ‘n dag daarna!  Ek het nog ‘n grappie met Henre gemaak en gese ek hoop nie dit gebeur met my nie, want die baba kamer bestaan nog nie.

416989_10151183448205894_1618715753_nDie seuns se kamers is die Saterdag geskuif om plek te maak vir die baba kamer nadat ek bietjie van ‘n hormoon bevlieging gekry het.  Ek het al weke gevra en dit was nog nie gedoen nie.  ‘n Uur later was die kamers geskuif en Henre bietjie minder lief vir my.

Maandag het ek glad nie goed gevoel nie.  Ek moes die kinders 12 uur by die skool in Darling gaan optel, maar kon skaars die paadjie voor die skool op.  Dit het gevoel asof Finn sy pad oop wil grawe. Maandagaand het ek nog nie veel beter gevoel nie, maar toe besluit om bokse met baba goed uit te pak.  Halfpad deur was ek te moeg en het gaan slaap.  Die babakamer was nog ver van klaar af, net ons hospitaal tasse was gereed.198059_10151185838170894_364981526_n

Maandagoggend was ons net so voor 7 wakker.  Ek het opgestaan en soos enige swanger vrou moes ek eerste ding badkamer toe.  Ek weet dis seker nou TMI maar toe is daar net bloed.  Ek loop in die kamer in en se vir Henre ek moet nou by die hospitaal kom.  Panorama is ‘n uur weg.  Die kinders het nou eers opgestaan, hulle moet kos kry, aangetrek word en skool toe.  Ons harldoop soos afkop hoenders rond en Henre stel voor ek moet self ry anders gaan ek eers oor 2 ure by die hospitaal aankom.  Hy gaan sit my tas in die kar, ek soen hom en die kinders en trek weg.

Alles was nog ok totdat ek regs gedraai het op die R27 Kaap toe.  Toe begin my kontraksies.  Die mense wat se jy moet asem haal tydens kontraksies is kens, want al wat jy wil doen is jou asem ophou en nie beweeg nie. Ek het voet in die hoek gesit, want ek was in kraam met nr 3 en ek gaan beslis nie langs die pad self baba vang nie.  ‘n Uur later kom ek by Panorama aan.  Ek gaan parkeer die kar, haal my tas uit en stap knyp-knyp op na die kraamsaal op die 1ste vloer.  Henre het vooruit gebel om te se ek is oppad en het my gynea laat weet.

60577_10151186100380894_1273950586_nMens verloor al jou skaam as jy eers deur die swanger en kraam proses gegaan het.  Voor ek my oe kon uitvee was my klere uit, sit ek in ‘n ooprug hospitaal jurkie, het ek in ‘n koppie gepee, drup in my linkerhand, is ek geprobe en vasgestrap aan die monitor.  Ek het 3 kontraksies elke 10 minute en ek was al 2cm ontsluit.  My gynea is effe omgekrap omdat ek myself hospitaal toe gery het.  Noodkeiser is geboek vir 10:30.  Dis 9:00 en Henre is nog nie hier nie.  Ek bel hom en hy het klaar die kinders by die skool gaan aflaai, maar hy het gou sy laptop by die huis gaan haal.  ‘Jy het ‘n halfuur om hier uit te kom!  Tien uur vat hulle my deur teater toe!’

Intussen bel die hospitaal admin my, ons het die bed besprekings 2 maande terug gedoen, maar vergeet om die mediese fonds toestemming te kry.  Ek bel die mediese fonds en die vrou vra my hoe ver swanger is ek en hoekom moet ek nou al kraam! ‘Wel, ek bloei, het kontraksies en is al 2 cm ontsluit.’  Sy bly so vir ‘n oomblik stil aan die ander kant en se toe ‘Jy is baie kalm, is jy ok?’ ‘Dis my 3de kraam en nr 2 het amper op dieselfde manier gekom, so alles sal fine wees.’  Ek kry toe die kode en bel die hospitaal admin so tussen deur die kontraksies.

My foon lui weer.  Dis Heath se nuwe juffrou wat wil weet of Heath Monkeynastix, Line Dancing en Kindermuzic gaan doen die jaar.  Ons chat so bietjie terwyl my gynea inkom en baie bekommerd lyk omdat Henre nog nie hier is nie.  Ek se vir Melanie ek sal haar later moet terugbel oor Heath, want ek is in kraam.

Presies 30 minute later hardloop Henre in die kamer in.  Nuwe spoed rekord opgestel tussen Yzerfontein en Panorama.  Hy gaan trek sy hospitaal uitrusting aan en hulle stoot my deur na die wag area.  Die kontraksies is erg en ek trek styf van die pyn.  Uiteindelik vat hulle my deur, doen die spinaal en my gynea hou my hand vas, want Henre mag nie by wees terwyl hulle dit doen nie.  Daar le ek oopgevlek soos ‘n spatchcock hoender terwyl hulle alles regkry.  Henre kom sit by my. ‘Onthou om fotos te neem!’ ‘n Paar minute later word my arme liggaam vir die laaste keer mishandel soos hulle hom uitdruk en trek.

Oppad huis toe

Oppad huis toe

Finn Gabriel Pretorius is gebore en weeg 3,8kg op 35 weke.  Hy huil en is spek vet en gesond.  Hy het net een aand in ICU deurgebring.  Ons is baie dankbaar vir nog ‘n gesonde seuntjie, maar nou is die fabriek toe!

Liewe Herman

IMG_0107Ek het vandag bietjie my laptop se folders skoongemaak toe kom ek op my Herman folder af.  Ek het die brief aan Herman 1 uur die oggend op 23 Augustus 2009 geskryf.  Hulle se tyd genees alle wonde.  Jy vergeet miskien so nou en dan van die hartseer soos jy aangaan met die gejaag van die lewe, maar elke nou en dan sien jy iets, hoor jy iets en dan raak jy bietjie stil en jou keel begin brand.

Fashion show toe ek nog 'n student was!

Fashion show toe ek nog ‘n student was!

Liewe Herman,

Meeste mense ken my as iemand wat nie verskriklik baie praat nie, maar die afgelope paar dae het ek baie op die hart.  Ek is nie in staat om ‘n woord uit te kry nie, so ek tik maar nou.

Ek onthou dit soos gister toe jy jouself gaan inboek het by Olivedale kliniek.  Ek was self in die hospital, 10 weke swanger met Liam.  Ons het mekaar nog gesms en gebel uit ons hospital beddens.  Ek en Henre het geweet jy het pyn gehad al vir ‘n lang tyd, maar ons het besef hoe jy gesukkel het nie.  Henre was dood van bekommernis.  Hy het daai aand lank na besoektyd eers by my aangekom in die hospitaal. Hy het by my op die bed kom le en die trane het by sy wange af gestroom.

Picture 16Die volgende paar dae was baie moeilik vir hom tussen my en jou wat in die hospitaal le.  Hy was reeds op die internet om navorsing te doen toe die Drs begin spekuleer het wat fout is met jou.  Hy het gese hy dink dis kanker. Sy boetie het kanker.  Ek het vir Henre gese ek is jammer en ek is saam met hom hartseer, maar ek moet sterk wees en kan nie ontsteld raak nie ter wille van ons baba. Binne het my hart gebreek omdat ek 2 jaar vroeer my ouma aan kanker moes afstaan.

Dis ‘n verskriklike tipe hartseer om ‘n geliefde te verloor aan die sinnelose siekte.  Jy sien hoe hulle voor jou oe stukkie vir stukkie wegkwyn en daar is niks wat jy kan doen nie. Maar tog is daar altyd hoop.

Herman DJ op een van my bdays.

Herman DJ op een van my bdays.

Jou pa het opgekom uit die Kaap uit en ons altwee was dieselfde dag nog ontslaan.  Julle het by ons huis aangekom en ek onthou watter dapper front jy opgesit het ten spyte van die pyn waarin jy was.  Jy wou net graag in ‘n warm bad gaan le met die hoop dat die pyn ‘n bietjie minder  sou raak.  Die volgende dag was julle Kaap toe en die dokters het in daai week bevestig dat dit kanker was.

Alles het daarna so vinnig gebeur.  Jy het jou eerste operasie gehad en jou eerste chemo behandelinge.  Deur alles was jy so positief en het nog steeds grappies gemaak.  Henre moes jou woonstel gaan oppak siende dat jy die volgende paar maande in die Kaap moes bly vir die behandeling.  Hy het my vertel hoe baie lee pynpil boksies hy gekry het.  Sy hart het gebreek.  Ek kon in sy oe sien hoe hy himself verwyt het dat hy nie meer aandag gegee het aan jou nie.

_KPR3031Die lewenstyl hier in Jhb is anders.  Ons sal aanhou werk, genadelose ure, ten spyte van ons gesondheid en families.  Jy sal weet, want jy het aangehou tot jy nie meer kon nie.

Die volgende paar maande het ons elke keer die goeie nuus gekry dat jy beter word.  Jou tellings gaan af, die gewas het gekrimp.  Voor ons ons oe uitgevee het was jy weer terug hier in Jhb.  Henre het dit so geniet om saam met jou te werk.  Ek het altyd na julle creative brainstormings gesit en luister die paar kere wat julle meetings hier by ons huis gehad het.  Die snaakste was vir my die rugby ding met die tuin dwerge…

Ons het die afgelope paar maande baie meer van jou te sien gekry.  Meestal maar etes hier by ons huis.  Ek wens ons het jou meer genooi.

Liam is in April gebore en jy was so bang om hom vas te hou. Dis so onregverdig dat mens soveel geluk kan ervaar in dieselfde tyd wat jy met die hartseer in jou hart moet loop. Dit het gevoel asof ons vir al die maande vanaf September ons asems opgehou het tot ons sou hoor dat jy gesond is.DSC03923

Toe kom die nuus dat jou tellings opgegaan het en die dokters stel voor dat hulle opereer.    Selfs toe was jy positief en vol smiles.  Jy was die Saterdagaand voor die operasie nog hier by ons vir ete.  Ek wens ek het meer moeite gedoen.  Ons het dit van selfsprekend aanvaar dat jy ok gaan wees.  Ons het gepraat oor die planne vir wanneer jy terug kom Jhb toe na die operasie.  Die volgende dag was jy Kaap toe.

Die aand voor die operasie het Henre jou probeer bel, maar jy het nie geantwoord nie.  Ek het hom gekry in die spaarkamer in die donker waar hy besig was om vir hom ‘n sms te stuur.  Ek kan nie dink hoe bang jy moes gewees het nie. Ek sou ook nie met mense kon gepraat het nie.  Dis beter om agter ‘n getikte boodskap te skuil waar niemand die emosie in jou stem kan hoor nie.  Soos ek nou en die afgelope paar dae.

My 30ste by Taboo.

My 30ste by Taboo.

Ons was so bly om te hoor alles het goed afgeloop en het baie uitgesien om jou te sien.  Ek kan nie onthou wat ek alles vir jou gese het in die hospitaal Saterdag middag nie.  Jy het so moeg gelyk, maar nog steeds het jy met ons gesels en gemaak of dinge nie so erg is nie.  Ek sal jou blou oe van daai dag nooit vergeet nie.  Ek het oppad uit die hospitaal vir die eerste keer oor jou gehuil.  Henre het sy arm om my gesit.  Ek was so vies vir myself. Ek was veronderstel om sterk te wees vir hom.

Hulle het jou reeds in die koma gesit toe ons Saterdagaand by jou aangekom het.  Henre, jou ma-hulle, tannie Esme en Lynn was die volgende paar dae 24 uur by jou.  Henre het vir my gese jy het geweet hy was daar en dat hy die heeltyd met jou gepraat het. Jammer ek was nie so baie daar nie.  Dit was vir my verskriklik om jou so te sien.  Ek het jou hand vasgehou, maar kon eers nie enige woorde uitkry nie.  Ek moes op my tande kners om te keer dat ek nie voor jou huil nie.

Die hospitaal het nie toegelaat dat ons vir Liam saambring vir besoektyd nie.  Ek wou so graag.  Hy is so oulik nou en hy gaan jou Tigger vir jou oppas.

Ek kan nie dink hoe Henre en jou ma-hulle moet voel as my hart so in stukke is nie.  Jou tannie Esme het dit vir my die beste beskryf:  ek is stom van verdriet.

Ek wil graag vir jou jammer se.

Jammer ons het nie meer vir jou gedoen toe jy begin siek raak het nie.  As ons jou dalk vroeer by ‘n Dr kon kry was jy dalk nog hier by ons.

Jammer ek het jou nie meer genooi na ons huis toe nie.  Die lewe is so ‘n gejaag, as jy jou oe uitvee het daar maande verby gegaan.

Herman en Liam

Herman en Liam

Jammer ek het nie meer foto’s van jou en Liam geneem nie.  Ek het die afgelope 2 dae deur al ons foto’s gegaan op soek na foto’s van jou.  Jy het vir my so mooi gelyk by Heleen en Trevor se troue.  Gesond.  Gelukkig. Wie sou kon dink.

Jammer dat ons nie daar was toe die engele jou kom haal het nie.  Dit was nie ‘n maklike besluit gewees om terug te kom Jhb toe nie.  Hulle se as jy jou liggaam verlaat is daar iemand wat jy ken aan die ander kant wat jou met ope arms ontvang.  Ek weet in jou geval was daar ‘n skare van gesigte.  Almal op aarde wie se harte jy geraak het se geliefdes het vir jou gewag.  As jy my ouma sien, se vir haar ek mis haar appeltert!

Ons het jou laaste Amp gekyk op MK Donderdagaand. Jy was so ‘n goeie presenter!  Moenie vir Henre se nie, maar jy het vir hom bietjie ore aangesit! Ek het al vir Henre jare terug gese die twee van julle moes ‘n tipe van ‘n late night talk show doen in Afrikaans…laatnag met Skote Petoorse!

Trevor en Heleen se troue Junie 2009

Trevor en Heleen se troue Junie 2009

Jy het soveel mense se harte geraak.  Die boodskappe stroom nou nog in. Jy kan so trots voel.  Almal wonder altyd wat hulle doel op aarde is en ons kan net terug sit met verwondering om te sien wat jy in jou 29 jaar bereik het.

 

 

 

 

Ons gaan jou legacy laat voortleef en Liam gaan weet watter amazing oom hy gehad het.  Ek is net dankbaar dat julle tyd saam spandeer het.  Jy is nou sy guardian angel.  Ek kan met ‘n geruste hart weet dat jy na hom sal kyk.

Ons mis jou Herman.  Dinge sal nooit weer dieselfde wees nie.

 

Liefde,

Jou skoonsus.

Picture 2

 

20 Augustus

Sedert 2009 was die maand Augustus vol hartseer, angs en woede vir ons familie en soos dit weer nader gekom het hierdie jaar het ek gewonder of 2012 se Augustus ‘n tikkie sonskyn sal he.  Dit was ‘n Woensdag oggend op 20 Augustus om 6:25 wat Herman ons verlaat het.  Die hartseer van daai dag het ‘n permanente letsel ons my harte gelos. Verlede jaar is my pa op die 2de Augustus oorlede.  Vir hom was dit ‘n verlossing van jare se depressie en drank misbruik en vir ons was dit ‘n verlossing van jare se worry oor hom en wat van hom sou word.  Dit was ook in dieselfde tyd wat my skoonma se siekte na vore getree het.  In Augustus was sy gediagnoseer met kolon kanker en ‘n gewas is uit brein verwyder.  Dinge het nie goed gelyk nie, maar vandag kan ons se sy het die jaar lange stryd oorwin.

Toe breek Augustus 2012 aan en daar was hierdie onderliggende angs in my gemoed.  Wat gaan die jaar gebeur?  Teen die middel van die maand het ek gedink, so far so good!  Toe breek 20 Augustus aan.  Henre is in Jhb die week en ek is in Yzerfontein met die 2 gremlins. Van vroeg af brand ek kerse en wierook.

My oupa het in 2010 weer getrou op die ryp ouderdom van 85 na my ouma in 2006 oorlede is.  Hy en tannie Poppie ken mekaar goed, want sy is sy oorlede broer se weduwee.  Hulle is goed vir mekaar en hou mekaar geselskap op hulle oudag.  So 2 weke terug is sy opgeneem in die hospitaal agv komplikasies met behandeling wat sy kry.  Gister oggend, 5:30, kry ek ‘n sms van my ma dat die Drs het my oupa laat weet dat as daar familie is wat haar nog wil sien moet hulle kom.  Tannie Poppie baklei nog en ek hoop sy druk deur vir my oupa se onthalwe.  Ek dink nie hy sal ‘n 2de vrou in die graf kan sit nie.

Laat gister middag kry ek ‘n oproep van my vriendin, Christi, af.  Dit gaan mal in my huis soos gewoonlik.  Die TV is kliphard aan, kinders gil en speel.  Ek hang by die voordeur uit om te probeer hoor wat sy se.  Kan ek praat; sy het slegte nuus (sy huil); Isabel; cot death; Genevieve werk; Mia creche is al wat ek kon uitmaak tussen die geraas, Christi se trane en die skok waarin ek myself bevind het.  Nee.

In skok bel ek vir Henre en gee vir hom die nuus.  Trane stroom by my wange af en Liam kom sit op my skoot en vra waar is my baba.  Ek se vir hom my baba is fine, maar die engeltjies het mamma se maatjie se baba kom haal.

Dis nou al meer as ‘n dag later en ek kan myself net nie indink die hartseer wat Gen en Marc moet voel nie.  Geen ouer moet ‘n kind in die graf sit nie, maak nie saak hoe oud of jonk hulle is nie.  Ek kyk na my 2 seuns en is oorweldig met die liefde wat ek vir hulle het.  Ek sit myself in Marc en Gen skoene en dink hoe my lewe in duie sal stort as so iets met ons gesin  moet gebeur. My hart is stukkend vir julle. Ek bid dat julle vrede sal vind met tyd.

Daar is soveel mense daar buite wat hulle kinders mishandel, weggee en weggooi en dan gebeur hierdie tragedie met ‘n gesin wat so vol liefde is.  Dis so onregverdig.  Party dae kyk ek na my kinders en ek weet hoe blessed ons is om weer swanger te wees met ‘n 3de gesonde seuntjie en dis asof ek wag vir die bubble om te bars.  Ek wonder as ander mense soveel hartseer het, wanneer gaan dit my beurt wees?  Ek weet mens moenie so dink nie, maar ek is net mens en met al die hartseer wat om ons aangaan, hoe anders?  Ek is so dankbaar vir my kinders en my man en as so iets gebeur voel dit asof die lewe jou net weer een harde klap gee om wakker te skrik en te waardeer wat jy het.

Gen, Marc en Mia, Isabel was vir 4 maande aan julle geleen, maar nou moet sy haar plek as ‘n engeltjie in die hemel volstaan. Weet dat haar liefde altyd by julle sal wees.

Julle is in ons gebede.

Love and Light.

 

 

Van ‘n donkie na ‘n hoender.

Vandag het dit weer gevoel asof iemand my wurg. Die een wat die wurgwerk gedoen het was my Heath.  Soos gewoonlik was hy 5 uur wakker vir sy bottel, maar die afgelope week wil hy nie weer daarna slaap nie.  Vanoggend het hy gedisco in sy cot tot so 6 uur toe, toe raak dit genadiglik al hoe stiller.  Ek het die horlosie dopgehou en geweet ek moet opstaan.  Dis Liam se laaste skooldag vir die kwartaal en as ek nog le gaan ons laat wees.  Die volgende oomblik snork ek myself wakker. Dis 7:15….

Oggend madness.  Ek skel en jaag vir Liam aan om aan te trek.  “Mamma, jy is ‘n leeu!” skel Liam my.  Heath brul.  Wat kan ‘n mens doen behalwe lag!

Liam en sy skool maatjies.

Toe ek by Liam se skool kom se sy juffrou sy gaan hulle vat vir hot chocolate by die enigste kid friendly plek in Darling en ek moet saamkom vir ‘n koffie. Die skool sluit vandag al 11 uur en hulle is net 4 kinders, die res is siek.  Ek moet haar oor ‘n uur kry.  Ek het nie ‘n draad make up op my gesig nie en Heath se doeksak is nie gepak om hom ‘n gelukkig kind tot na lunch te hou nie.  So ek ry terug Yzer toe, sit my gesig aan en kam my hare wat so smag na ‘n knip en ‘n kleur!

Altwee my kinders is bietjie verkouerig die week, so Heath is ‘n handjie vol.  Hy sal een keer ‘n dag maklik in sy kar sitplek gaan sit en sonder ‘n baklei toelaat dat ek hom vasmaak.  Nou staan ons al op die 3de keer weer terug oppad Darling toe.  Ons kom by Brigs aan en drink letterlik net ‘n koffie terwyl Liam nog saam met sy maatjies speel en Heath probeer weghardloop, toe moes sy juffrou en die ander kinders weer gaan.  Heath weier dat ek sy neus afvee.  Een oomblik is dit fine en die ander oomblik is dit Dawie die Kabouter Trol snot wat loop .  Soos ek en hy stoei smeer hy die meeste aan my klere af…

Padstal Pret

Na Brigs is ons weer oppad Yzer se kant toe.  Elke Woensdag oggend het die ma’s in Yzer en Darling ‘n speel afspraak met al die kleintjies wat nog te klein is om skool toe te gaan.  Ons trek saam by die Weskus Padstal en lek mekaar se wonde omdat daar nie ‘n speelgroep is wat kinders onder 3 vat nie! Heath wil gewoonlik eers al die ‘teet-teets’ gaan kyk en dan mag ek na die ander ma’s toe gaan.  Van almal daar is ek die eerste een wat binnekort 3 kinders gaan he en soos ek rondharloop agter my 2 aan, kon ek die simpatie vandag in hulle oe sien!  Heath wou nie vir ‘n oomblik stil sit nie.  Dan moet ek hom optel, dan wil hy afklim.  As ek hom neersit, hardloop hy weg.  Gelukkig was Liam heel rustig om met die trokkies in die sandput te speel.

Liam op sy groot seuntjie bed.

 

Toe ek swanger was met Heath, het ons besluit om Liam op 18 maande in ‘n kinder bed in sy nuwe kamer te laat slaap.  So sou daar nie te veel verandering op dieselfde tyd gebeur as boetie eers daar was nie.  Dit was natuurlik ‘n uitdaging om hom in die bed te hou.  My skoonma-hulle het ‘n donkie wat sing met skewe tande gekoop vir hulle kleinkind toe ek en Henre nog nie eens gedink het aan kinders nie.  Liam was ongelooflik bang vir die ding, maar donkie het ons gehelp om vir Liam in die bed te hou.  Hy het dalk bietjie trauma ervaar en sal seker nooit naby ‘n lewendige donkie wil kom nie, maar ons het vir donkie in die gang buite sy kamer gesit en na die eerste oogopslag was hy skreend terug in die bed.  Hy sal nou nog nie sommer uit sy bed klim as hy moet gaan slaap nie.

Die afgelope tyd het ek nogals gewonder wat ons vir Heath gaan gebruik, want hy is bang vir niks.  Vandag het ek my antwoord gekry!  ‘n Hoenderhaan!  Daar is ‘n groot hoenderhaan wat by die Padstal rondloop en na een van die vele kere wat Heath vir my weggehardloop het, het ‘n soos blits in sy spore omgedraai en terug na my gehardloop, hoender agterna!  Ek dink die hoender was lus vir die broodjie in sy hand, want hy wou nie weg nie en Heath het soos ‘n riet gebewe met die ding wat om ons draai.  So ek gaan nou uitkyk vir ‘n groot opgestopte hoender wat vir Heath in sy bed gaan hou!

 

Mamma, baie liefie jou

Heath en sy dudus.

Die afgelope 3 maande was nie maklik nie, maar dit het nuwe perspektief in my lewe gebring oor wat regtig belangrik is.  Ek het nuwe respek vir al die enkel ouers daar buite.  Ek het darem vir Henre meeste naweke en een week uit ‘n maand hier om te help. Familie moet naweke instaan wanneer hy nie hier is nie, maar deur die week is dit net ek en die terroriste.  Ek verstaan nou eers met wat hulle bedoel met “It takes a village…”

My dag begin soos volg:  Ek probeer teen 6:30 opstaan.  Heath raak so 5 uur wakker en dan wil hy bottel he.  As ek gelukkig is, gaan slaap hy weer.  Vanoggend was ek nie so gelukkig nie en het hy elke 10 minute begin Monkeynastix in sy cot doen.  Ek het so 3 keer opgevlieg en hom gaan stil maak, dummy in sy mond gedruk en met ‘n kwaai stem gese:  DUDU! Teen so 6:20 het ons almal aan die slaap geraak en ek het eers 7:30 wakker geskrik.  Nou is ons laat.  Honde uit, gaan maak die 2 gremilns wakker wat nou lekker le en slaap en sit solank die ketel aan.

Heeltyd Speeltyd!

Liam hou daarvan om goed teen sy eie spoed te doen.  Hoe meer jy hom aanjaag, hoe stadiger raak hy of hy maak net of hy jou glad nie hoor nie.  Dit maak my mal, want ek hou daarvan om goed vinnig te doen, klaar te kry en aan te beweeg.  Liam is op die aarde gesit sodat ek deur die lewe in ‘n stadiger rat moet gaan.  Dit gaan maar sukkel-sukkel. Ek gaan een van die dae die ratkas moet vervang!

Ek smeek Liam om sy ontbyt te eet en is dankbaar dat Heath syne eet en nie te veel op die grond gooi nie.  Nou sit ek vir hulle die tv aan sodat ek net gou kan aantrek.  Ek wil net 5 minute vir myself he, maar dan moet altwee onder my voete kom banklei, Heath wil goed in die toilet gooi en Liam wil graag my make-up vir my doen….

“Liam, kom ons moet gaan aantrek”;   ‘Mamma, Liam kom nou-nou’ en hy hardloop tv toe.  Ek gryp solank vir Heath wat natuurlik niks wil weet nie. Ek het net nie genoeg hande om hom aan te trek nie.  Hy le nie vir ‘n oomblik stil nie.  Hy doen hierdie corkscrew moves wat dit net onmoontlik maak om hom vas te pen. Ek is al uitasem, so ek knyp hom sittend tussen my bene vas en hoop vir die beste. Intussen roep ek seker al so 10 minute lank vir Liam om te kom aantrek.   Hy kom teen ‘n slak spoed in die gang af en se hy wil self aantrek.  Ons moet gewoonlik so 7:45 van die huis af ry om 8:10 se kant in Darling te wees.  Dis al 8 uur… “Liam, ons is laat”  Dit help nie eens ek trek hom aan nie, want hy gaan net die klere uittrek en dan self weer aantrek, so ek gee maar oor.

Liam wil self tande borsel en Heath wil Liam se tande borsel he en smyt syne onder die kas in.  “Ok klaar, Liam vat asb jou tas en hou vas by die trappe af.”  Ons maak dit uit die huis uit, ek lyk soos ‘n pakdonkie.  Ek maak die 2 met ‘n gestoei vas in hulle stoeltjies, die huis lyk asof iemand ingebreek het, ek moet gou die honde kos gee en die drom uitsit voor ek self in die kar kan klim!  Oppad Darling toe kry ek bestuurslesse by Liam:  ‘Mamma nie see in ry nie’. ‘Mamma vinnis (vinnig) ry’ of  ‘Liam liedjies’ en ‘Harder, harder’.

Liam bou tent

Ons kom so 8:45 by Liam se skooltjie aan.  Ons stap die paadjie op en Heath wil elke blaartjie optel wat rondle en Liam wil elke blom ruik.  Dan moet mamma en boetie ook die ‘blommes’ ruik.  “Jammer ons is laat, dis een van daai oggende…”

Dis nog nie eens 9 uur in die oggend nie en ek wil klaar bid vir pouse.  Liam se omtrent elke dag so 20 keer vir my, ‘Mamma, baie liefie jou’ en dit maak al die min slaap en al die mal oomblikke wat dit voel ek gaan nie lewendig hier uitkom nie, die moeite werd.  Mamma liefie julle ook.

 

Soet-Suur 2011

Ons gesin Maart 2009.

Vir ons as gesin was 2011 regtig nie ‘n goeie jaar nie.  Eintlik was die afgelope 3 jaar maar bra kak gewees.  Alles het begin toe Herman siek geraak het 2008.  Die een ligte punt in daai jaar was ek was swanger met Liam. Maar 2011 vat regtig die beker vir die bitterste jaar ooit.

Ek moes geweet het toe ek met my verjaarsdag in 2011 in die hospitaal le, swanger met Heath, dat dit nie ‘n goeie begin was nie.  Op 33 weke was ek vir die 4de keer opgeneem agv komplikasies met die swangerskap.  Op 23 Jan 2011 was ek finaal weer opgeneem en Heath was die volgende dag op 36 weke prem gebore.  Darem nie te erg nie en hy was 100%.  Daarvoor is ek oneindig dankbaar.

24 Jan 2011
Vars baba Heath

Die volgende 8 weke het hy koliek gehad. Op week 5 het ek een dag van 5 uur die oggend tot 10 uur die aand saam met hom gesit en huil.  Ek was by breekpunt en my Dr het my op happy pills gesit om deur die ergste tyd te kom. Dit is verskriklik wat sleep deprivation aan jou kan doen.

Toe Heath nog nie eens 3 maande oud was nie toe bars nog ‘n bom in my lewe.  Al wat ek op die stadium kan se daaroor is:  Release the past with love.  Ek wens julle alle voorspoed toe.

Maand 3 tot 6 in klein Heath se lewe was ook nie sonder drama nie.  Toe was ons Sangoma aktief in ons huis.  Ek het voorheen daaroor geblog, so gaan kyk bietjie na die post.  Hy was elke uur in die aand wakker tot hy 6 maande oud was.  Ek was soos ‘n zombie.

Chris 'robot' le Roux

Op 2 Augustus is my pa oorlede.  Die wat na is aan my weet dat ek nooit regtig ‘n goeie verhouding met hom gehad het nie en om te se dat ek baie emotional baggage het, is baie lig gestel.  Hy was alleen in ‘n vesorgings instansie toe hy oorlede is en hy het maar 36kg geweeg.  Sy lewenstyl het hom ingehaal en ek glo hy het nou vrede gekry.  Tydens die besoek in die Kaap vir die begrafnis het Henre se ma siek geraak.  Kanker.  ‘n Brein operasie, chemo, long operasie en bestraling later, is ons nogsteeds besig om dit te veg.

Tydens daardie besoek het ek en Henre net besef dat die lewe is te kort.  Ons het ons familie nodig en ons kinders mis uit op tyd saam met hulle oupa, oumas en die res.  Dit was nie ‘n maklike besluit nie.  Ons het mense gehad wat ons ook in ag moes neem vir wie die besluit ‘n groot impak sou he.  Ek het 12 jaar in Jhb gebly en was baie lief vir die plek.  Ons moes ook totsiens se vir ons vriende wat gedien het as ons support structure tydens die moeilike tye.  Ek is vir ewig dankbaar om vriende soos Dawn en Charlie, Bern en Leedam, Marissa en Hennie in ons lewens te he.  Daar is nog baie ander, maar ek sal nie almal nou kan noem nie.  Defnitief later as ek deur al my fotos gaan….

Dawn & Charlie (en Heath)

Ons huis was September in die mark gesit en offer nr 3 is deur in Desember.  Hier is ons nou. In Yzerfontein.  Of te wel ek en die kinders.  Henre werk nog in Jhb, so hy pendel.  Ja, dis moeilik, maar baie mense doen dit.  Vir ons as gesin en familie is dit nou die regte ding om te doen.  Ons bly in my skoonouers se huis tot ons besluit waar ons wil settle, maar soos dinge nou lyk sal dit hier wees.  Ek is mal oor Yzerfontein.  Die kinders is gelukkig in hulle speelgroepies en ons begin mense ken.  Na 2 maande voel ek alreeds of ek deel is van ‘n gemeenskap.  Ek het nooit so in Jhb gevoel nie.  Ek het 3 jaar in Silver Oaks gebly en ek het nie ‘n clue wat my bure se name was nie.  Ek weet net die een buurman het van Chinese ‘nagdames’ gehou….

So ek het vir 2011 vaarwel gese met die middelvinger in die lug. Mag ek jou nooit weer oor he nie.

Release the past with love…..

 

 

Ouma is 60! Des 2

Ouma kan nie stil sit nie!

Ouma Estelle

Dis vandag my ma se 60ste verjaarsdag.  Ek het 11 jaar laas haar verjaarsdag saam met haar deurgebring, so ek kon dit nie misloop nie.  Sy het my saamgenooi vir ontbyt en koek saam met die dames wat saam met haar werk en Henre het by die huis gebly en na die kinders gekyk.

Die bouers was ook veronderstel om vandag te kom om die badkamer finaal klaar te maak.  Die bad se 1 kraan is weg en die wasbak is los.  Ons kon gisteraand stort, maar daar is iets nie lekker met die stort nie.  Daar kom baie min water deur die stortkop en dis moer warm of moer koud.  Niks lekker lou watertjies nie.  Ek dink ek sal dit eers later aan my broer noem, want hy gaan ‘n ineenstorting he.  My ma se 60ste verjaarsdag party is more ook nog hier by sy huis.

Liam en Sebastian

Ek gaan in die tyd wat ek hier by my broer-hulle bly hulle Jeep gebruik, maar vanoggend is dit net ek , so ek gaan met my pa se bakkie sommer my ma by haar werk kry.  My pa se boedel is nog in limbo, want ons kan nie enige info van sy boekhouers oor sy besighede kry nie.  My broer sukkel nou al van Augustus af en kry niks.  My lewe is met 10 jaar verkort met die bakkie rit na my ma se werk toe, wat regtig nie eens so ver is nie.  Eersten het die voorruit ‘n kraak in wat reg in  jou ooglyn sit.  So dis asof jy deur ‘n bi-focal kyk.  Ek het hoe hakke aan weer vir ‘n slag, so probeer die clutch uitfigure en die brieke wat amper voel of jy dit moet pomp soos ‘n ou Beetle om te kan stop.  Ek is seker my pa het langs my gesit en lekker kry.

Heath wil nie meer in 'n stoeltjie in die bad sit nie.

 

Die ontbyt was baie lekker.  Hulle het lekker terte en dinge geeet en ek het aan my gesonde poached egg en vars tamatie gesmul.  Ek het wel ‘n sliert chocolate koek geeet.

Daar het natuurlik geen bouers opgedaag om die laaste goed reg te maak nie.  Hoekom is dit so?  Is daar enigsens bouers in ons land wat nie so deur die kak is nie?  Ek ken niemand wat al ‘n goeie ondervinding met ‘n bouer gehad het nie.

Daddy en Heath

 

Laat middag het ons kinders geprocess .  Sebastian weet nie wat om hom aangaan met my 2 loud kinders nie.  Hy kyk met groot oe wanneer die 2 met hulle streke begin.  Henre het vanaand by sy ouers in Boston gaan braai om sy niggie wat hier is uit Londen te sien.  Ek is veronderstel om brood en appeltert vir my ma se partytjie te bak, maar ek is lui.  Sal dit liewer more oggend doen, dan is dit vars….

Christie en Sebastian. Kyk my mooi fotografie deur die spieel...LOL!